Afrikaans Kiddi Beat
  • Tuis
  • Musiekspesialiste
    • Click for English
    • Meer inligting
    • Algemene vrae
    • Fasiliteerders >
      • Word 'n Fasiliteerder
      • Meer oor Fasiliteerders
      • Vind 'n Fasiliteerder
    • Meer oor ons
    • Kontak ons
  • Education
    • Programs
    • More info
    • Lesson Example
    • Order Form
    • The Author Team
    • Contact
  • Gospel
    • Bekendstelling
    • Produkte >
      • Kleuterkerkkurrikulum
      • CD's
      • DVD's
    • Getuienis
    • Kontak
  • Kontak ons
Picture
Picture
Afrikaans | English

Wie is ons?

Kiddi Beat is ‘n unieke Suid-Afrikaanse Musiekopvoedingsprogram wat kwaliteit musiekonderrig verskaf aan babas en kleuters tot aan die einde van die voorskoolse fase (graad R).

Die lesmateriaal is spesifiek saamgestel om die leerders aan 'n wye verskeidenheid musiek, sangstyle, kulture en tale wat die diversiteit van Suid-Afrika weerspieël, bekend te stel.

Kiddi Beat Musiekspesialiste is saamgestel vir musiekopvoedkundiges as ‘n besigheidsgeleentheid, en kan gebruik word in musiekstudios, sowel as in dagsorgsentrums en kleuterskole. Fasiliteerders word gekeur en geakkrediteer om die Kiddi Beat MSP program te kan aanbied.

"Ek kan sing, speel en dans"

ikone

Die leuse 'Ek kan sing, speel en dans' dui op die aktiewe betrokkenheid van leerders en ouers by die leergebeure in ‘n Kiddi Beat musiekles.

Deur doelgerigte en kreatiewe betrokkenheid by geselekteerde musiekaktiwiteite leer die kinders om musiek te verstaan en lief te kry.

Die leerders ontdek, vorm en ontwikkel musiekkonsepte deur:

    • sang
    • instrumentale spel
    • dans
    • beweging saam met musiek
    • die lees en skryf van musieknotasie
    • musiekbeluistering

Heelbreinontwikkeling

Musiek is ‘n medium om ontwikkeling in die volgende nie-musikale ontwikkelingsareas te bevorder:

    • aktiewe spel
    • storievertellings
    • taal- en leesvaardighede
    • lewensvaardighede
    • sosiale interaksie
    • gesyferdheid
    • sensoriese onderskeiding
    • ouditiewe onderskeiding
    • visuele onderskeiding
    • sywaartse beweging
    • spierontwikkeling
    • groot motoriese vaardighede
    • klein motoirese vaardighede
    • koördinasie

    Daar word gefokus op die kind se ontwikkeling in totaliteit terwyl 'n liefde vir musiek spontaan gekweek word.

    Die leerproses word dus 'n genotvolle interaktiewe leerervaring waardeur

    heelbreinontwikkeling

    gestimuleer word.

Wat maak Kiddi Beat Musiekspesialiste uniek?

    • Geskryf en saamgestel deur gesaghebbende Suid-Afrikaanse musiekopvoeders.
    • Aanbieding en inhoud in Afrikaans / Engels
    • Teiken spesifiek die Suid-Afrikaanse kind
    • Bekostigbaar
    • Groot omvang en verskeidenheid van programme

Kurrikulumontwikkeling

    • Die struktuur van die programme vir al die ouderdomsgroepe is op die spiraalkurrikulum-ontwerp gebaseer:
    • spiraal
    • Die spiraal is 'n simbool wat aandui dat leer nie net 'n eenmalige ervaring is nie, maar 'n proses waarin gevarieerde herhaling in toenemende vlakke van kompleksiteit plaasvind. Die kinders leer deur te sing, speel en dans.
    • ikone
    • Die lesmateriaal van al die ouderdomsgroepe is gebaseer op 'n oorkoepelende tema wat oor 10 weke (een skoolkwartaal) strek.
    • In elke ouderdomsgroep is 'n kleiner en meer gedetailleerde spiraal wat aangepas word tot die ontwikkelingsvaardighede en mylpale van die spesifieke ouderdom kinders.
    • Kiddi Beat Musiekspesialiste materiaal is in die praktyk getoets en aangepas vir beide die studio en kleuterskool (voor finale publikasie).

Watter voordele hou dit vir my kind in?

Die doelstellings van Kiddi Beat Musiekspesialiste is om:

    • Die kind in totaliteit te ontwikkel deur middel van aktiewe deelname aan sang, instrumentale spel, beweging, beluistering en die lees en skryf van musiek op 'n kreatiewe manier.
    • Die vorming van musiekkonsepte te fasiliteer. Dit vermeerder die kind se aandagspan en dra by tot sy/haar probleemoplossings- en sosiale vaardighede terwyl 'n liefde vir musiek gekweek word.
    • Die jong kind voor te berei vir die leergebeure in die grondslagfase, naamlik geletterdheid, gesyferdheid en lewensvaardighede.
    • 'n Natuurlike liefde vir musiek te kweek deur bekendstelling aan 'n verskeidenheid musiekstyle en tradisies.
    • 'n Basis te skep wat die jong kind sal motiveer tot lewenslange betrokkenheid in musiek en die Kunste.
    • Musiekpotensiaal te ontwikkel en te versterk.

Ouderdomme

Die ouderdomsgroepe waarvoor die Kiddi Beat Musiekspesialiste program geskryf is korreleer met die olifantlogo’s. Elke logo verteenwoordig 'n spesifieke ouderdomsgroep:

rooi

Babas, 3 maande tot ±1 jaar (totdat hul onafhanklik kan loop)

geel

±1 tot 2 jaar (sodra hul onafhanklik kan loop)

groen

2 tot 3 jaar

pers

3 tot 4 jaar

blou

4 tot 5+ jaar

grys

Administrasie & Oriënteringspakket

Picture
Picture
Powered by Create your own unique website with customizable templates.